Europese Raad


Politiek van die Europese Unie
Europese Parlement
Europese Raad
Europese Kommissie
Raad van die Europese Unie
President van die Europese Kommissie
President van die Europese raad
President van die Europese Parlement
Hof van Justisie (ECJ)
Verkiesings
Portaal Europa
Die Europese Raad in 2011

Die Europese Raad is 'n liggaam wat die Europese Unie (EU) se gehele politieke rigting en prioriteite definieer. Dit bestaan uit die regeringshoofde van die 28 lidstate tesame met die President van die Europese Raad en die President van die Europese Kommissie. Die gevolmagtigde van die Unie vir buitelandse sake en sekuriteitsbeleid (met ander woorde die minister van buitelandse sake van die EU)[1] neem ook aan vergaderings deel.[2] Die Europese Raad is in 1975 as 'n informele spitsberaad gestig en is in 2009 met die inwerkingtreding van die Verdrag van Lissabon tot instelling geformaliseer. Die huidige president van die Europese Raad is Charles Michel, voormalige Eerste Minister van België.

Die Europese Raad moet nie met die Raad van die Europese Unie verwar nie. Die laaste instelling word ook die Raad van Ministers genoem en bestaan uit 'n wisselende keuse uit nasionale ministers wat 'n bepaalde werkgebied verteenwoordig en Europese wetgewing op hierdie gebied voorberei. Hulle het amptelik 'n wetgewende taak in teenstelling tot die Europese Raad wat slegs die breër raamwerk vir Europese eenwording verskaf.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named maroela
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named seeToL

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search